Previous chapter

Voorwoord

Ek is deeglik bewus van die omvang van hierdie daarlegging en ek weet ook dat dit gevolge sal hê. Maar, gegewe die dringendheid van die saak, is ek nie 'n keuse gelaat om te skryf oor hierdie dinge wat gesê moet word nie, selfs al is dit net opsommend. Wie dan aangeraak voel, kan begin om die Skrifte te ondersoek. Soos altyd, sal net 'n paar dit aanvaar en die meeste dit verwerp. Daar sál mense wees wat uit die hart uit bly sal wees dat iemand die moed gehad het om die byl teen die wortel van die bose boom te plaas. Die ander sal kwaad wees.

Dit is doelbewus dat ek van Dr. Martin Luther se uitdrukkings vermy wat hy gebruik het in sy geskrifte waarin hy handel oor die kwessie van die antichris. Wat hy destyds geskryf het oor hierdie tema dek 'n wye veld en kan gelees word in ou geskrifte, soos in die omvangryke voorwoord van die profeet Daniël in die ou ‘Luther Bybel’. Hierdie geskrifte wys ons hoe hierdie man van God diep verbonde was aan die Woord wat hy vertaal het. In hierdie verband is daar dalk geen ander man wat vergelykbaar is in die geskiedenis van die Kerk nie. Op grond van sy persoonlike ervaring van redding, was hy seker regverdigmaking geskied deur die geloof in Christus. Verder het hy 'n innerlike en diepe verhouding gehad met God en Sy Woord.

Deur die uitbreek van die Reformasie het God gewis ‘n geweldige ingryping in die koninkryk van die duisternis gemaak. Net so seker het Hy nou, by die voltooiing van Sy Gemeente, wat deur die Reformasie en die wedervaringe daarvan vooruitgegaan is, ‘n nuwe geestelike belewing gebring. Wie ookal die geskiedenis van die Kerk bestudeer het, weet hoedat op verskillende tye, sekere bybelse waarhede weer op die kandelaar geplaas is. Maar al hierdie waarhede moet volledig opgeweeg word sodat die volle Evangelie verkondig kan word en die eeue-lange stikwerk kan lei tot perfeksie.

As 'n sendeling wat sedert 1964 gereis het na meer as 90 lande en gepreek het in konferensies in byna elke denominasie, het ek agting vir alle gelowiges en teenoor alle gelowe. Tydens my aanbiedinge het mense van alle rasse en opvattinge in die wêreld deelgeneem. In Suid- Afrika kon ek as 'n protestant in 'n Katolieke kerk vir meer as 'n duisend mense preek. Dit is omdat ek vir my medemens so diep omgee, dat ek die grootste misleidings kan onthul wat bestaan op godsdienstige vlak op die hele aarde. Elke mens het tog die reg om die waarheid te ken.

Ons leef nie meer in die dae toe net die burgemeester, die priester, en die onderwyser kon lees nie; ook nie meer in die tydperk van byna 'n duisend jaar waartydens die kerk gesorg het dat die Bybel nie in die hande van die gewone mense geplaas word nie. Maar in plaas daarvan leef ons nou in 'n tyd waar almal oor alles ingelig kan wees. Hoekom moet die mens ook in hierdie opsig nie 'n soektog na die waarheid nastreef nie? In hierdie kort aanbieding kan ons net by wyse van ‘n oorsig verwys na die noodsaaklike.

Meeste van die krediet is te danke aan die bediening van Eerwaarde William Branham (1909 – 1965) van Jeffersonville in Indiana, V.S.A. Na my mening was hy die enigste gesant van God wie, in ons tyd, deur ‘n goddelike openbaring, ‘n diepsinnige begrip gehad het oor hierdie baie belangrike onderwerp.

Mag hierdie boekie 'n seëning wees vir elke leser en baie vanaf die breë weg, wat na die verderf lei, deur die nou poort bring na die smal pad wat lei tot die ewige lewe. Mag almal wat die Waarheid erken vrygemaak word van alle misleidings, dat die Woord terselfdertyd hul harte kan binnedring. Met betrekking tot ons redding kan ons geen mens vertrou nie, maar net God alleen.

Krefeld, Duitsland. Julie 1986

Deur die Skrywer

Next chapter