Previous chapter

Voorwoord

Dit is op grond van die beweging wat in Europa duidelik gevorm word, wat behels die samekoms van 'n godsdienstige en politieke konstellasie, wat wêreld-omvangreikend is, dat ek verplig voel om hierdie publikasie te skryf. Ek is heel oortuig daarvan dat hierdie onderwerp wat ek nou aanroer huidiglik hoogs aktueel is. Meer tydig kan dit waarskynlik nie aan die mense oorgedra word nie. Om tot die kern te kom, was dit nodig om kritiese temas openlik aan te spreek en historiese feite aan te bied. Die ontwikkeling van die Christendom, sedert sy ontstaan,​ moet weer onder die soeklig geplaas word. Ek sien dat die tyd nou gekom het om die waarheid aan die lig te bring. Ek het probeer om op 'n eenvoudige en verstaanbare manier vir almal te skryf, sonder om opsetlik gebruik te maak van enige hoogdrawende teologiese of filosofiese woordeskat.

Aangesien hierdie boek in baie tale en lande gepubliseer word, wil ek die volgende opmerking maak: Ek respekteer alle godsdienste en wêreldbeskouinge waarvan mense oortuig is, selfs al glo ek persoonlik anders. Dit is wat ek voortdurend beoefen het tydens my sendingreise, wat my na meer as 100 lande geneem het. Om die waardigheid van elke mens te respekteer, moet sonder twyfel wees, selfs wanneer die geloof en handelingswyse van ander vir ons vreemd en eienaardig lyk. Daarom, as die koei dan heilig is vir meer as 800 miljoen Hindoes, moet ‘n mens dit kan aanvaar. As die streng godsdienstige Hindoes in die oggend die as van die mis van die heilige koei aan hul voorhoofde smeer, kan niemand hulle verhinder om dit te doen nie. Wanneer die godsdiens van die Sikhs almal vra om hul skoene uit te trek en 'n voetbad te neem voordat hulle by die Goue Tempel van Amritsar ingaan, moet almal van ander godsdienste dit doen as hulle dit wil besoek. By die Moslem heiligdomme, net soos in die tempels van ander godsdienste, het ek altyd opgetree volgens die gebruike wat op daardie plekke van krag is.

So het ek ook byna altyd in Christelike kringe oop deure gekry en by konferensies van verskillende gelowe gepraat regoor die wêreld. Ek het as gas-spreker opgetree by van die mees uiteenlopende kerke. In ‘n Rooms-Katolieke kerk in Suid-Afrika, waarin ek gepreek het, het ek my ook aan die tradisionele verloop van hul erediens onderwerp. Ek respekteer letterlik elke wêreldbeskouing wat enigiemand kan hê, en erken almal se reg om self te besluit wat hy wil glo en wat hy wil doen.

By verskeie geleenthede het ek in St Peter's Basilica gesien hoe mense van oor die hele wêreld die voete van die Petrus-standbeeld soen. Ek het daar, soos elders, baie ander dinge gesien. By hierdie geleenthede het ek dikwels 'n diep innerlike pyn gevoel vir hierdie mense. Ons sal in hierdie boek behandel wat reg is en wat verkeerd is. Daar word aan die volwasse leser oorgelaat om 'n persoonlike oordeel daaroor te vorm.

Ek was gedwing om in die eerste plek die "wêreldinstansie", die Rooms-Katolieke, te ondersoek op grond van die Woord van God, vanuit die Heilige Skrif te verlig en dit in die aanskoue van die Woord te plaas. Dit is slegs in die lig van die goddelike openbaring dat ons die waarheid kan sien en dus so die moontlikheid bekom om misleidings en foute te herken.

Die eis van die Roomse Kerk om die enigste een te wees wat kan red, is vervat deur min of meer al die ander Christelike denominasies, wat hulle of hardop bely of stilweg bedink. Almal wil mense op hul eie manier red, en dit is presies wat onmoontlik is om te besef. 'n Kerk wat hulle op Christus, Petrus en die apostels beroep, moet egter getoets word ten opsigte van hul aanprake.

Ek wens elke leser ‘n ryk seëning van die Almagtige God toe.

Next chapter