Previous chapter

Die Werking van Openbaring

Ek beskou dit as 'n voorreg om die kragtige werk van God, aangaande die verlossingsplan, in ons tyd aan Christene oor die hele wêreld te bring. Die behoefte om so 'n brosjure in baie tale te laat druk, spruit uit my sendingwerk op alle kontinente.

In hierdie daarlegging het ons dit ten doel dat net die naam van die Here verheerlik moet word en dat net God alleen met ons moet praat. Profete en apostels word slegs genoem in verband met hulle bediening, soos in die Ou en Nuwe Testamente beskryf word, om God se werk te beklemtoon. Die geskiedenis van die Gemeente word gekenmerk deur spesiale epogge waarin manne soos Paulus, Irenaeus, Martin, Columba, Luther, Wesley en andere verskyn het, wat elkeen in hul onderskeie tydperke 'n boodskap moes bring van heilgeskiedkundige belang.

Die skrifwoord “Beproef alle dinge ...” is ook op hierdie skrywe van toepassing. Niemand moet hieragter skuil om hul eie standpunt te verdedig nie, i.p.v. om die geldige standaard van die algemene getuienis van die Skrif te aanvaar nie. Ons kan nie bybelse gebeure kategories verwerp bloot omdat ons dit nie ken nie. Ons plan is om die werk van God behoorlik tot in ons tyd te wys, om die kinders van God geestelik te help en die naam van die Here alleen te verhef. “Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die Here spreek …” (Jes. 1:2)

Next chapter