Previous chapter

Die hele wêreld kyk na Rome

“… Ja, van ewigheid tot ewigheid is U God” (Ps. 90:2b)

“… die Woord van onse God hou stand in ewigheid” (Jes. 40:8)

“… dit is die Woord wat aan julle verkondig is” (IPet. 1:25)

Die hele wêreld kyk na Rome

April 2005 het vir ons twee opeenvolgende gebeurtenisse in die hoofstad van die wêreld, Rome, gelewer. Pous Johannes Paulus II, het gegaan en Benedictus XVI het gekom, verkies met 100 van die 115 stemme. Die internasionale pers, en selfs die massamedia het heeldag volle programme gevul met verslae daaroor.

Daar was twee aard-skuddende gebeure in die Vatikaan, wat buitengewone geskiedenis gemaak het. Die hele wêreld kon sien hoedat staatshoofde en verteenwoordigers van godsdienste, in die eerste plek, eerbiedig afskeid van die een Pous neem. Daarna het miljoene regoor die wêreld gesien hoe die wêreld se hoofde buig voor die nuwe pous en die kardinale en biskoppe hul knieë voor hom buig en alle tonge aan hom trou belowe en hul toewyding aan hom bring. Ook met die inhuldiging van die nuwe pous was die hele wêreld in staat om dit "live" te beleef, te danke aan moderne tegnologie. Daarmee het die vraag weer opgekom, of die pousdom bybels gegrond is en of dit net oor 'n kerklike tradisie handel.

Die "millennium gebeurtenis" — soos nuus-opskrifte gelees het — was ‘n herinnering oor wat sal gebeur wanneer Christus die Here, die heerskappy as koning gaan opneem. Eers dan sal vervul word: "... sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader" (Fil. 2:11 ; Heb. 1: 6-14; Openb. 11:15, o.a.). Hoe is dit moontlik, vra sommige mense, dat so 'n goddelike verering en verheerliking 'n mens te beurt val? Volgens die getuienis van die Skrif, is daar net Een wat waardig is om alle eer te ontvang: "U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape ... " (Openb. 4:11).

Profete het die groot dag van die oorname deur Hom aan wie alle mag in die hemel en op aarde gegee is, vooruitgespreek:

"... Want die koninkryk behoort aan die Here, en Hy heers oor die nasies. Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel ..." (Ps. 22: 29-30).

"Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het. Want Hy is onse God ..." (Ps. 95: 6-7).

"dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer" (Jes. 45:23).

Dan sal die koninkryk van God, die koms waarvan ons al vir tweeduisend jaar bid, uiteindelik daar wees, met die seëning-volle paradys toestand.

Wat in die Vatikaan op 24 April, 2005, gebeur het, oortref alles in huldiging, in heerlikheid, prag en praal. Sommige kommentators het die luisterryke inhuldiging van die pous selfs vergelyk met die eenvoudige ingang van die Koning van die konings, die Messias, wie op die vul van 'n esel Jerusalem binne gegaan het. Christus die Here het nie gekom met groot prag nie, het nie na Rome gekom nie, Hy het in eenvoud en nederigheid na Sy volk gekom in Jerusalem, die stad wat God gekies het. Dit was net die eenvoudige skare wat die palmtakke gegooi het op die pad, en die kinders wat "Hosanna" geskree het, soos in Sagaria 9, vers 9 aangekondig en in Matthéüs 21, verse 1-11 gebeur het. Die gerespekteerde geestelikes van die Jode het Hom nie aanvaar nie. Die Skrifgeleerdes het voortgegaan om hul bedieninge te beoefen, hulself te vier en om gevier te word. Maar hulle wie Hom aangeneem het, het die mag bekom om "kinders van God" genoem te word, naamlik almal wat in Sy naam glo (Joh. 1:12).

Kan dit Sy dienskneg wees, vir wie die hele wêreld nou juig en voor wie al die magtige mense van die aarde neerbuig? Is dit regtig Sy gevolmagtigde, aan wie almal die uitsonderlike hulde betoon? Sommige vra: Wat van die Woord, waar die Here God self sê: "EK is die Here, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie" (Jes. 42:8). God was nog nooit verheerlik op die aarde in 'n mens nie, maar alleen en uitsluitlik in Sy menswording in Jesus Christus, Sy eniggebore Seun, wat gesê het van Homself in Johannes 5, verse 41-44: "Eer neem Ek van die mense nie aan nie. Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie. Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem". Toe sê die Here van die Heerlikheid: "Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?". Die groot vraag is: Wat is waaragtige bybelse geloof en wat is onskriftuurlike tradisies?

Die ganse mensdom word gekonfronteer met die vraag: Is die Rooms-Katolieke Kerk die ware saligmaker? Is redding alleen in haar? Kan slegs hulle wat die kerk as moeder het, God as Vader het? As dit so was, dan sal al die ander, dws insluitende die 347 kerk-genootskappe wat tans verenig is in die Wêreldraad van Kerke, vir ewig hopeloos verlore wees, wat hul lede mislei het, deur hulle die saligheid te belowe wat hulle nie kon oordra nie.

Kan ‘n kerk in die Midde-Ooste aanspraak maak daarop om "die Gemeente" van Jesus Christus te wees? Kan dit die Grieks-Ortodokse, die Maroniete, Siriese, Egiptiese, Koptiese, ens., wees? Is hulle nie almal staats- en nasionale kerke, waarin almal gebore is nie? Kan die Anglikaanse, die Skotse, die Calvinistiese, Lutherse of enige ander werklik die oorspronklike Gemeente van die lewende God wees? Kan die samevoeging in die Wêreldraad van Kerke dit wees waarin die ganse mensdom redding vind?

Ons staan ​​voor baie vrae wat niemand van ons kan beantwoord nie. Maar almal het die reg op die enigste korrekte antwoord — naamlik die antwoord van bo. Godsdienstige skrywers het dit gewaag om te vra: Is die man wat in die pousdom is, die verpersoonliking van die een wat homself verhef bo alles met betrekking tot God of godsaanbidding, soos in 2 Thessalonicense 2 beskryf word, wie in die plek van God sit en voorgee dat hy God is? Moeilik om te glo, maar bybelkenners vra verder: Is dit die superman van die eindtyd, wanneer die hele wêreld sal opkyk, van wie die hervormer, Martin Luther, gevra het: "sit die ware antichris in die tempel van God en regeer vanaf Rome"? Is dit al die antichris, wat die apostel Johannes (IJoh. 2) aangekondig het, wat die wêreldtoneel sal betree voor die koms van Christus? Kan dit dié liefdevolle persoon wees? Is dit sy amp wat beskryf word? Skerp tonge vra selfs: Is dit die man van wie in Openbaring 13, vers 8, geskryf staan: "En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie"? Nog ander vra: Kom die titel "Heilige Vader" nie alleen God toe nie? So spreek onse Here: "En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader" (Matt. 23:9). So word ons ook in ​​die "Onse Vader" geleer: “Só moet julle dan bid:        Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom ...".

Bybelkundiges vra of ons beide 'n Vader in die Hemel én ook 'n “Heilige Vader” nodig om ons op aarde te verteenwoordig? Wie se koninkryk moet kom? Wat het Johannes die Doper aangekondig met sy eerste preek in die woestyn van Judea, met sy uiting: "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom" (Matt. 3:2)? Watter koninkryk het Jesus, die Nasaréner, bedoel met dieselfde woorde in Sy eerste preek (Matt. 4:17)? Het Hy na die kerk in die Romeinse Ryk verwys, of het hy die vervulling van Lukas 16:16 aangedui: "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring daarin met geweld".

Die onderwerp is so belangrik; dit kan nie eenvoudig net van die tafel gevee of weg verduidelik kan word nie. Niemand wat opreg soek, kan sedert April 2005 hul eie agenda uitvoer nie. Die bybelse beoordeling van die Kerk van Rome kan ook help om hul eie kerke te verhelder. Wat is ons persoonlike les hieruit?

Ander weer, het die eindtydgebeure, die "eskatologie", in gedagte gehad toe hulle die prente van die in-pers-gekleede hooggeplaastes en die magtiges van die aarde gesien het, van wie daar geskrywe is: "en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge …" (Openb. 6: 15-17). Die oomblik wanneer die apokaliptiese oordele val, sal niemand gespaar word nie, ook nie die hooggeplaastes en die magtiges van die aarde nie.

Die baie artikels wat veral deur godsdienstig-georiënteerde joernaliste geskryf is met verwysing na die groot gebeurtenis, het meer vrae as antwoorde gelaat. Sommige mense wou selfs weet of dit by hierdie groot gebeurtenis in die "Ewige Stad" oor die stad gaan waarvan Openbaring 18, vers 16 praat, waarteen die bedreiging uitgeroep is: "Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels ...". Hulle wat die purper-gekleedes op TV of in die weekblaaie gesien het, vind die vergelyking met die skrifgedeeltes in Openbaring, nie vergesôg nie.

Op 26 April, 2005, het Pous Benedictus XVI met die verteenwoordigers van alle godsdienste gepraat en geëindig met die woorde: "Met die begin van my pontifikasie, nooi ek u almal uit, die getroues in die natuur-godsdienste en almal wat die waarheid soek met opregte harte, dat ons almal saam bouers van vrede word en ons verbind om mekaar te verstaan, te respekteer en lief te hê".

Gaan dit in hierdie veelsydigheid oor bybelse geloof? Gaan dit in hierdie soeke na die waarheid regtig om goddelike waarheid, soos uitgedruk in die Petrus-woord: "En dit is die woord wat aan julle verkondig is" (IPet. 1:25b)? Of gaan dit om iets anders waarna verwys word as "waarheid" — 'n heeltemal ander evangelie as wat die apostel Paulus verkondig het, naamlik dit wat met die vloek toegesê is (Gal. 1: 1-10)? Paulus het selfs toe al vooruitgesien hoe dat ‘n ander evangelie, 'n ander Christus, onder die invloed van 'n ander gees verkondig sal word (IIKor. 11: 3-4).

Op 12 Mei, 2005, het Benedictus XVI die diplomatieke verteenwoordigers van 174 lande ontvang. Die diplomatieke korps het hom begroet met 'n buitengewone applous, voordat hy hulle toegespreek het. En weer was daar skerp tonge wat Openbaring 17:18 aangehaal het: "die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde" Dit word benadruk dat die Pous beide hoof van die kerk en die hoof van die staat is. So, is die Vatikaan toegang tot die diplomatieke en die godsdienstige vlak gewaarborg in alle lande, soos geen ander regering op aarde, geen kerk, geen godsdiens nie. Die Vatikaan is oral verteenwoordig waar die wêreldpolitiek bedryf word. Slegs op hierdie wyse kan die werklike globalisering en die beplande vereniging van die "internasionale gemeenskap van nasies", wat inderdaad bestaan ​​uit wêreldgodsdienste, gelei word tot 'n werklike eenheid, 'n "wêreld regering".

In 'n hoofartikel van 'n bekende koerant was dit gevra: "Protestante, wat nou?". Aan die einde, onder die derde punt, staan: "Terug na die bronne! As protestantisme nie na sy bronne — die Bybel en die Belydenis — terugkeer nie, sal hy vergaan". Maar selfs met die Protestante gaan dit nie meer oor "Sola Scriptura" (“Alleenlik die Skrif”), soos die hervormers dit beklemtoon het nie, maar oor hereniging. Dit moet gevra word of hierdie die eenheid is wat Jesus Christus in die hoëpriesterlike gebed in Johannes 17, vers 21, bepleit het. Dit kan egter slegs van toepassing wees op diegene wat aan die werklike Gemeente van Jesus Christus behoort, "soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees".

Pous Benedictus XVI het die gelowiges in alle godsdienste beskryf as dissipels wat ywerig na vrede soek. Vir sommige is opmerklik, die feit dat hy nie die Jode noem nie, en ook dat hy die Islamitiese geloof veral beklemtoon het. Hy het egter benadruk dat die brug van vriendskap gebou moet word en dat hy die eenwording en vredes-proses van sy voorgangers sal voortsit. Alle wêreldgodsdienste moet hulle dus onderwerp, want dit gaan om oorlewing en al die lande moet aan die Wêreldhandelsorganisasie (WTO) behoort, om te kan koop en verkoop.

Dit gaan nou om die vooruitgespreekte konstellasie vir die nuwe en finale wêreldorde. Geen ander godsdiens het terselfdertyd ook mag oor die politieke en ekonomiese wêreld nie. Die "Europese Unie" neem meer en meer die leiersrol aan, ongeag daarvan of 'n referendum oor die "Europese grondwet" in die 25 basis-state gehou word of nie. Want die geestelike mag oorheers die wêreldmag en hou die leisels in hul hande (Openbaring 17).

Sommige wonder of dit vryheid van geloof en -spraak gaan beperk, vir diegene wat nie sal buig voor hierdie eenwordingsproses nie en of hulle onderwerp sal word aan vervolging. Dit gaan veral die werklik getroue bybelgelowiges raak, wat nie by die ekumeniese beweging sal aansluit nie, omdat hulle onmoontlik 'n kompromie, ten koste van die waarheid sal betree. Hulle sal eerder God gehoorsaam dan ‘n mens.

Toe word die gedagte uitgedruk dat Benedictus XVI, die 265ste pous, net tydelik in die amp sal wees. Die vrede-pous, "Gloria Olivea", moet in die amp wees wanneer “vrede” geskep word tussen die Arabiere en die Jode. So, na hom kom daar nog net een, “Petrus, die Romein”, wie weer die “Tiara” sal opsit met die VICARIUS FILII DEI inskripsie, met die getal-waarde van 666 (Openb. 18:13). In die "Nasionale Basiliek van die Onbevlekte" in Washington is die tiara van Paulus VI ‘n toeriste-aantrekking en ‘n groot bron van inkomste. Met die eindtyd-gebeure, sal die 266ste die laaste pous wees, tot die vernietiging van Rome vervul word. Maar dit word voorafgegaan deur die proklamasie: "Nou is daar vrede en veiligheid!" (IThes. 5: 1-3 —Menge vert.). Die wêreldvredes-proses sal binnekort met ‘n kompromie oor Jerusalem tussen Israel en die Arabiese volke, deur 'n Roomse verdrag tot sukses gelei word. Soos die Oslo-verdrag voorsiening maak, sal dit vir sewe jaar gesluit word.

Pous Johannes XXIII, het die Tweede Vatikaanse Raad op 11 Oktober, 1962, voor 2,500 deelnemers geopen, met die leuse van die inisieerder, die Duitse kardinaal Bea: "Laat ons die taal praat van ons geskeide broeders dat hulle ons mooi kan verstaan!" En hulle hét mooi verstaan! Dit was ook op Pous Johannes XXIII se aandrang dat die vloek-segging “die Jode het Christus doodgemaak”, uit die Goeie Vrydag-mis verwyder was. Pous Johannes Paulus II het al die hooftale gepraat, o.a., die van die Slawiese Kommuniste, en almal het hom verstaan. Pous Benedictus XVI praat ook al die hooftale vlot, selfs Hebreeus, en almal sal hom verstaan.

Op Donderdag, 24 Mei, 2005, het die ambassade van Israel in Rome, geleë naby die ‘Heilige Stoel’, aangekondig dat ‘n addisionele aandenkingsseël in Israel gedruk sal word, ter nagedagtenis van die 85ste verjaarsdag van Pous Johannes Paulus II op 18 Mei, met sy portret by die Klaagmuur — wat ook onmiddelik gebeur het. Die bewus-making in alle tale met al die volkere en godsdienste, kring al hoe verder uit, ook met Israel.

Op 13 Mei, 2005, het Pous Benedictus XVI die aartsbiskop van San Francisco, VSA, William Joseph Levada, aangestel in sy plek as prefek van die geloofsgemeente. Volgens binnekringe, kan hy die volgende pous wees. Mnr. Levada, saam met kardinaal Ratzinger, het vanaf 1986 tot 1993, die nuwe Katolieke Kategismus geskryf — 'n suksesvolle meesterstuk om die Rooms-Katolieke geloof aanvaarbaar te maak. Dit moet egter gesê word dat die kategismus in vergelyking met die Woord van God, wat in ewigheid bly, nie die bybelse geloof van die Gemeente van Jesus Christus in onderrig en beoefening reflekteer nie, maar dié van die Kerk van Rome, selfs al bevat dit gedeeltes uit die Bybel.

Sou dit gebeur dat Mnr. William Joseph Levada die volgende pous word, dan sal dit vervul wat die man van God, William Branham van die VSA, gesê het op 19 Desember, 1954: "Ek glo dat een van hierdie glorieryke dae, wanneer die kerke in die Wêreldraad van Kerke verenig en die nuwe pous, volgens die profesie, vanuit die Verenigde State kom, dan is die beeld van die dier gevorm. En ek sê vir julle, dan sal die ware Gemeente van God bymekaar gebring word, alle ware gelowiges vanuit Metodiste, Baptiste, Presbiteriaane, Pinkster-kerke, Nazereners, ‘Pilgrim Holiness’, ens — wat hulle ookal mag wees, sal saam kom en in die liefde van God gevestig word. Daarmee word die liggaam van Christus, uit al die gelowiges gevorm".

Pous Benedictus XVI het sy respek vir ander godsdienste en kulture uitgedruk — maar beslis met die onmiskenbare doelwit om almal onder die vaandel van Rome bymekaar te bring. Hy herinner daaraan dat Europa na die "Christelike wortels" terug moet gaan. Daar moet toegelaat word om te kan vra, of daarmee bedoel word die dwang-kerstening, wat gepaard gegaan het met dwang-doop, wat onder Karl die Grote se bewind gepiek het. In daardie tydperk, is die Europese grond deurdrenk met bloed, veral deur die slagting van 4,500 opstandige Sakse in die jaar 782. Dit bring ook die vraag op, oor watter saad wortelgeskiet het. Was dit die saad van die Woord van die ware evangelie van Jesus Christus, soos dit deur Petrus en die apostels verkondig is, of was dit dié van die skrif-interpretasies van die kerkvaders na die tydperk van die apostels? Alle kerke en godsdienste, selfs die pousdom, het die reg om hul geloof te beoefen, maar wanneer hulle hulself op Christus beroep, dan moet hulle getoets word aan die Woord van God. Slegs op so ‘n manier kan daar onfeilbaar vasgestel word, of dit wat onderrig en beoefen word, waarlik bybels is, of net menslike, godsdienstige tradisies en oorleweringe, waarin ons almal gebore en opgelei is.

In die boek van Kardinaal Joseph Ratzinger, die huidige Pous Benedictus XVI, "Inleiding tot die Christendom", gee hy in die 340 bladsye 'n algemene daarlegging vanuit 'n Katolieke oogpunt. Maar ons is besorg oor die inleiding tot die Verlossingsplan, vanuit 'n goddelike oogpunt. Die begrip "Christendom" verskyn eintlik nie 'n enkele keer in die Bybel nie. Ons lees net dat wie in Jesus Christus geglo het in Antiochië, vir die eerste keer Christene genoem was (Hand. 11:26). Die woord "Christus" beteken "die Gesalfde" en die gelowiges wat met die Gees gesalf is, word met die Gees gedoop (Matt. 3:11; Handelinge 2, onder andere) — dus is “Christene”, die “gesalfdes” (IIKor. 1: 21-22).

Next chapter