Sestig jaar in diens van die Here

Ek groet alle broeders en sisters hartlik in die Naam van ons Here Jesus Christus. As 'n inleiding het ek hierdie woorde van Paulus — wat 'n direkte oproep ontvang het en in die bediening geplaas is, uitgekies:

"En ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het ..." (ITim. 1:12)

Soos julle almal weet, het ek my lewe by die Pinksterkonferensie in Hamburg in 1949 aan die Here gewy en terselfdertyd van Broeder Branham se spesiale bediening te wete gekom. In 1955 is ek toegelaat om aan sy byeenkomste in Karlsruhe deel te neem en het hom tydens my eerste gesprek met hom persoonlik leer ken.

Presies 60 jaar later verwys ek weer na die buitengewone ervaring van Maandag, 2 April, 1962. Ek praat die waarheid in die teenwoordigheid van God. Dit het voor sonop gebeur: die Here het die woorde van die regterkant van die venster af gespreek: “My dienskneg, jou tyd vir hierdie stad sal binnekort verby wees. Ek sal jou na ander stede stuur om My Woord te verkondig”. Ek het my hande opgelig en gesê: “Here, hulle sal nie na my luister nie ...”. Toe antwoord die Here: “My dienskneg, die tyd kom wanneer hulle na jou sal luister. Stoor op voedsel, en lewensmiddele, want daar kom 'n groot hongersnood. Dan moet jy tussen die mense staan ​​en die voedsel uitdeel ...”

In Desember ,1962, het ek Broeder Branham in Jeffersonville besoek. Deur goddelike openbaring het hy woord vir woord in Engels herhaal wat die Here my op 2 April in Duits beveel het. Die twee broeders, Fred Sothman en Banks Wood was daar as getuies. Toe verduidelik hy vir my: “Die voedsel wat jy moet opstoor, is nie aardse kos, soos jy gedink het nie, maar die beloofde Woord vir hierdie tyd, wat in die preke is wat opgeneem word. Maar wag tot jy die res het wat daarmee saamgaan”.

Ons weet almal dat aan Broeder Branham, die beloofde profeet (Mal. 4:5), op 11 Junie, 1933 gesê was: “Soos Johannes die Doper die eerste koms van Christus vooruit gestuur was, word jy gestuur met ’n boodskap wat die tweede koms van Christus vooraf sal gaan”. Hy homself het al herhaaldelik beklemtoon: “Nie ek nie, maar die boodskap sal die Wederkoms van Christus voorafgaan”. God het hom gebruik om al die verborgenhede te openbaar en die geestelike voedsel op te stoor. Aan die einde van ons gesprek, op 11 Junie, 1958, in Dallas, Texas, het hy vir my gesê: “Broeder Frank, jy sal terugkeer na Duitsland met hierdie boodskap”. Van toe af was band-opnames van sy preke gereeld aan ons gestuur en ek het dit begin vertaal.

So gewis soos die Here my die opdrag gegee het, het ek dit in elke detail uitgevoer. Ná Broeder Branham se heengaan was die Woord van God hiervandaan na die hele wêreld uitgedra. Op my sendingsreise het ek net twee, hoogstens drie, preke in een stad gepreek en na die volgende gereis. Plaaslike gemeentes is toe deur plaaslike broeders gestig.

2 April, 1962, was die dag toe die Here my opdrag gegee het en my in Sy diens geplaas het. Deur die loop van die 60 jare het Hy my herhaaldelik hoorbare opdragte gegee, wat met my bediening verband hou. Ek wil dit duidelik stel dat dit nooit in 'n droom gebeur het nie, maar altyd in ‘n staat van wakkerheid. Ek kan die dag, plek en uur van elke keer noem. Op Sondagoggend, 19 September, 1976, in Edmonton, het die Here die volgende woorde met 'n gebiedende stem gespreek: “My dienskneg, jy is bestem om volgens Matthéüs 24, verse 45-47, die voedsel op die regte tyd uit te deel”. As u hierdie skrif opslaan, sal u vind dat vers 47 sê: “HY (die Here) sal hom oor al Sy besittings aanstel”. Die hele raad van God is in ons dag geopenbaar, soos nog nooit tevore nie. Soos Paulus kan ek getuig: “... Ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie” (Hand. 20:27). In my preke, pamflette, boeke en omsend-briewe het ek elke bybel-onderwerp gedek.

In Matthéüs 24 het onse Here nie net die vernietiging van die tempel, die verstrooiing van Israel en hul terugkeer na hul vaderland in die gelykenis van die vyeboom vooruitgespreek nie (vers 32). Hy het ook vertel wat in die eindtyd sou gebeur, naamlik oorloë, hongersnood, plae, aardbewings en ander dinge. Vers 14 is ingesluit: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom”, net soos wat in verse 45 tot 47 geskryf staan, dit wil sê beide die verkondiging van die Woord, sowel as die verspreiding van die geestelike voedsel.

Ons lewe nog steeds in bybel-dae waarin die Here self Sy dienskneg en profeet met 'n boodskap gestuur het en my opdrag gegee het om die geopenbaarde Woord te verkondig en om die opgestoorde voedsel — die verborge manna — uit te deel. Hierdie bediening wat die Here aan my gegee het, is direk verbind met die bediening van Broeder Branham, net soos die bediening van Joshua aan die bediening van Moses gekoppel was. Moses het die volk uit slawerny uitgelei, soos die Here aan Abraham in Genesis 15, vers 13 beloof het, en Josua het die volk die beloofde land ingelei. Ons is kinders van die belofte (Gal. 4:28) en glo wat in IIKorinthiërs 1, vers 20 staan: “...Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons”. Ons glo al die beloftes wat God vir ons in Sy Woord gegee het en sal dit in vervulling sien en ervaar.

Laat my dit duidelik sê: Dit gaan nie oor Broeder Branham nie, dit gaan nie oor Broeder Frank nie, dit gaan oor die beloftes — die Woord vir hierdie tyd. God bepaal self, wie Hy vir 'n spesifieke taak kies, des te meer wanneer dit gaan om 'n roeping wat direk met God se heilsplan verband hou. Paul het nie vir 'n roeping gevra nie, Broeder Branham het nie vir 'n roeping gevra nie, ek het nie vir 'n roeping gevra nie. Maar God het dit van ewigheid af so beplan, en dit is hoe dit in ons dag gebeur het. Wat onse Here gesê het, geld steeds vandag nog: “Wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het” (Joh. 13:20). Wie dit wat God volgens Sy Woord doen omseil, omseil God, soos almal in die denominasies en bou sy eie koninkryk.

Ek was 29 toe die Here my in 1962 beroep het. Nou is ek 89 en ek kyk met dankbaarheid terug na die baie jare in Sy bediening. Ek getuig nie van myself nie, ek getuig net voor die Almagtige God wat tot die sending behoort en wat die Here in al die lande van die aarde gedoen het. Die ewige boodskap van verlossing met alle bybel-leringe is wêreldwyd verkondig. Die Here het gesê: “... dan sal die einde kom”. Ons wat die eindtydboodskap glo, kan getuig dat God al die verborgenhede van die Woord, van die verlossingsplan, aan ons geopenbaar het en alles herstel het.

Ek vra u om die volgende Skrifgedeelte, wat ook op my bediening van toepassing is, aandagtig deur te lees: "... Sy liggaam, wat die gemeente is; waarvan ek 'n dienaar geword het volgens die bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die Woord van God te vervul, naamlik  die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid” (Kol. 1:25-27).

God het dit so gelei dat daar deur die sendingreise oor die jare kontakte wêreldwyd gemaak is en dat alle ware gelowiges nou deur die uitsaai van die preke in alle tale kan hoor wat die gees aan die Gemeente sê, en hulle stap vir stap in lyn bring met Sy Woord, soos dit in die begin was.

In die sendingsentrum in Krefeld sal dit waarskynlik nie meer moontlik wees om internasionale byeenkomste soos die afgelope 40 jaar te hou nie. Ook sal ek nie meer op sendingreise gaan nie. Nou sal alle gelowiges waar moontlik bymekaarkom om te bid en die preke te hoor en sal waar hulle is deelneem aan wat God in die voleinding doen.

Ons is die Here dankbaar vir ons broeders wat sorg dat die preke uitgesaai word, asook vir die broeders wat in die verskillende tale vertaal en ook vir al die dienende broeders wat dieselfde Woord, die suiwer geestelike voedsel, wêreldwyd aan die volk van God bring. “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord wat deur die mond van God uitgaan” (Matt. 4:4). Nou gaan dit daaroor dat almal wat tot die Bruid-gemeente behoort, deur die Heilige Gees in goddelike eenheid in die liefde van God gelei word, sodat elke individu hul verbondenheid met God, hul persoonlike voorbereiding en alle heils-ervaringe soos aan die begin kan ervaar en op die wegraping wag in volkome ooreenkoms met elke Woord van God.

Broeder Branham het sy deel gedoen, ek het my deel gedoen. Die Here self sal Sy werk van verlossing voltooi deur 'n magtige Geestewerk in die Bruidgemeente, sodat dit gereed sal wees om die Bruidegom te ontmoet (Matt. 25:10; IThess. 4: 15-18; IKor. 15: 51-58).

Ons sien hoe die Skrifte vervul word voor ons oë vir hierdie dag, en ons mag ons hoofde ophef, want ons fisiese verlossing is op hande.

“En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! ...” (Openb. 22:17a). "Amen, ja kom, Here Jesus!"

Gelewer in opdrag van God

Br. Frank