Previous chapter

Inleiding

Op my sendingsreise was ek telkemale gevra om iets oor William M. Branham te publiseer. Ek het hom geken vir presies 10 jaar (1955-1965) en was saam met hom in Europa en die Verenigde State. Ons het aan dieselfde tafel geëet en in dieselfde motor gery. Ek het hom as 'n mens en as 'n godsman ervaar. Ek was bevoorreg om ‘n oor- en ooggetuie te wees van die buitengewone God-gegewe bediening. So kan ek van my eie, deeglike kennis praat en skryf. Ek is ook in besit van meer as 300 preke wat hy gelewer het en kan dus 'n omvattende beoordeling lewer van sy prediking, sy spesiale sending en boodskap.

In sy leeftyd, en ook ná sy heengaan in Desember, 1965, was hy in besonders gewaardeer deur sommige en heftig verwerp deur ander. In Christelike tydskrifte was hy oorwegend negatief beoordeel deur skrywers wat hom en sy bediening nie persoonlik geken het nie. Aan die ander kant het die sekulêre pers oor die algemeen positief oor hom berig. Dat die beoordeling van persoonlikhede wat in die publieke oog is, soms baie verskil van ander, is bekend. Dit is veral negatief vir diegene wat afwyk van die tradisionele oorlewerings.

Die terme "profete" en "profetesse" was nog altyd gebruik op manne en vroue wat volgens openbaringe optree. Dit word so in die Heilige Skrif gevind. Abraham, Moses, Elia en baie ander was God-bevestigde profete. Hierdie begrip is nie gemik op 'n mens nie, maar op God; dat God self deur mens praat. God het mondstukke gegee, wat as Sy mond op aarde praat, God-gestuurde manne wat waarlik in die naam van die Here, die So spreek die Here oordra. Eers nadat die Here met hulle gespreek het — en dit geskied hoorbaar van mond tot oor — kan sulke manne sê: So spreek die Here! Daarbenewens sien hulle dinge vooraf in visioene en word hulle dus "sieners" genoem. Die in-die-gees-sienende  inspirasie van die Gees, kom tot hulle en dít is wat gesien en geopenbaar, uitgespreek en in woorde neergeskryf word.

Die bekendste profeet van die Ou Testament is Moses. Die Onsigbare het Homself aan hom as ‘n sigbare wese geopenbaar, in die gestalte van 'n man, en met hom van aangesig tot aangesig gepraat. Die mees-bekende siener en profeet van die Nuwe Testament is die apostel Johannes. Hy vertel in die laaste boek van die Bybel wat hy gesien en gehoor het. Hy het die verloop van die geskiedenis van die mensdom volgens die goddelike plan van verlossing gesien, reg tot aan die einde. Hy het selfs die nuwe hemel en die nuwe aarde gesien, dws, die nuwe begin. "Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie" (Amos 3:7).

Daar word met reg gevra hoe ‘n mens kan weet of jy met ware of valse profete te doen het, omdat almal aanspraak maak daarop dat hulle deur God gestuur is. Daar was nog altyd ware en valse profete. Die Here self het ons gewaarsku dat baie valse profete na vore sal kom, maar Hy het ook die belofte gegee dat Hy 'n profeet sou stuur in die gees van Elia, voordat die groot en vreeslike dag aanbreek (Mal. 4: 5-6; Matt. 17:11).

Daar is egter een betroubare kriterium, ‘n maatstaf wat gebruik moet word om mee te toets: die onfeilbare Woord, wat ewig is en vir ewig geldig bly. Die Ou en Nuwe Testamente bevat die volledige en beslissende deur-God-self-geopenbaarde Plan van Verlossing. Enigeen wat as 'n profeet of profetes verskyn, moet hulself aan die proklamasie van die leerstellinge, openbaringe en die beoefening van die hele getuienis van die Heilige Skrif onderwerp. Die geringste afwyking, byvoeging, weglating of verandering van die oorspronklike Woord, diskwalifiseer die betrokkene in een slag, op die plek. Wie praat van God, of deur wie God praat, kan net sê wat alreeds gesê was. Beide die Ou en Nuwe Testament bevat al die leringe, belydenisse en openbaringe. Daarom word ook die waarskuwing van die finale straf oor die byvoeging en wegneem uit die geskrewe Woord, in die laaste hoofstuk van die Bybel aangegee. God bly egter soewerein in Sy dade. Hy sê: "Kyk, Ek gaan iets nuuts maak ..." (Jes. 43:19). Hy doen wat Hom behaag sonder om vooraf besonderhede daarvan bekend te maak.

William Branham het nie vorendag gekom met nuwe openbaringe nie. Sy bediening bestaan duidelik daarin, dat dit wat reeds in die Woord aan ons neergelê en aan die profete en apostels oorgelewer is, nuut op die kandelaar geplaas word. Deur die bediening wat aan hom toevertrou is, het God iets nuuts gedoen en ook dit wat voorheen gebeur het. Hy wat so 'n profeet ontvang, wat deur God gestuur is, sal die beloning van 'n profeet ontvang (Matt. 10:41).

Dit is waar dat hy, met sy absolute bybelse verkondiging, in stryd was met die tradisionele oorlewerings wat in die formele- en onafhanklike kerke gevind word. Maar sy leringe en praktyke, wat oorweldigend ooreenstem met die Heilige Skrif, dwing elke eerlike mens om hul eie verkondigings en praktyke ernstig te heroorweeg, of dit geestelikes of leke is. Alle opregte soekers van die waarheid het geen ander keuse as om die enigste geldige getuienis van die Skrif in die gesig te staar nie. Op hierdie onwrikbare grondslag, waarop die vroeë Gemeente gegrond is, moet die beoordeling gemaak word.

Next chapter