Previous chapter

Inleiding tot God se Verlossingsplan

As een van die mees wydverspreidste boeke op aarde, neem die Bybel by verre die eerste plek in. Slegs tussen 1960 en 2010 was daar meer as 3,9 miljard eksemplare wêreldwyd verkoop. Volgens die Wêreld Vereniging van Bybelgenootskappe was die Bybel teen Januarie 2015 in 542 tale en dialekte vertaal. Die Bybel is die enigste boek wat ons inlig oor wat gebeur het van die begin van tyd af en verder ook wat sal gebeur tot aan die einde daarvan. Daarin is die hele geskiedenis van die mensdom reeds vooraf neergeskrywe. Ook wat nou gebeur is vooruit voorspel in Bybelse profesieë van die Ou en Nuwe Testament.

Hierdie uiteensetting oor die Bybel word gerig aan alle welwillende mense uit alle volke en tale regoor die hele wêreld. Benewens die ses groot wêreld-godsdienste: Judaisme, Christendom, Islam, Taoïsme, Boeddhisme en Hindoeïsme, brei sommige mense die nommer uit tot twaalf wêreld-godsdienste. Dit is te verstane dat almal aanspraak maak dat hul godsdiens die regte een is. Dan is daar nog die baie natuur- en stam-godsdienste. Almal is oortuig daarvan dat hulle op die regte pad is en dat hulle die regte geloof het. Kan daar 'n regte geloof na vore gekom het met die verloop van tyd wat sy ontstaan terugwerkend uit 'n sterflike mens het? Natuurlik is die basiese persoonlike oortuiging en menswaardigheid van enige mens onaantasbaar, omdat elke persoon die reg het om te glo in wat hy goeddink. Maar dit is ook waar dat elke godsdiens wat deur mens begin is, ontbreek sonder enige twyfel aan die finaliteit, die werklike absoluut. Die godsdienstige bewegings is net tydelik en, streng gesproke, net bestand in hierdie tydelike lewe. Elke filosofie en ideologie en ook die teologie het sy menslike beperkinge en op die ou einde laat dit die belangrikste vrae onbeantwoord.

Daar is dinge wat heeltemal buite ons vermoë is, maar wat opsigself finaal is. Dat die mens geskape is na die beeld van die Skepper, en toegerus is met kreatiewe vermoë, is een sulke voorbeeld. Deur die sondeval in die paradys, die gevolg van ongehoorsaamheid, was die mensdom egter geskei van die ewige gemeenskap wat hy gehad het met die ewige God en is oorgegee aan die dood; niks in hierdie lewe is so seker soos die dood nie.

Alle tydelike dinge het 'n begin en sal ook 'n einde het. Slegs dit wat nooit ‘n begin gehad het nie, sal ook nooit eindig nie. Ons was nie met toegang tot die ewigheid in die wiegie geplaas nie. Ons geboorte hier op aarde was ons toetrede tot die tydige. As tydelike wesens het ons nie outomaties ewige lewe gekry nie; dit kan slegs aan ons gegee word deur die ewige God.

Die enigste boek wat tereg na verwys word as die Heilige Skrif en as God se Woord, is die Bybel. Tesame sal ons nou ‘n paar belangrike aspekte van hierdie gewigtige tema ondersoek. Slegs daarin word vir ons alles berig vanaf die begin – met die ontstaan van die hemel en aarde – tot aan die einde van tyd en die hiernamaals.

Voordat ons verder gaan met wat die tydelike sal volg, sal ons die betreding van die ewige God na die tydelike terrein betraag. Eerstens sien ons God in die skepping. Die majestueuse skepping van die heelal is 'n feit en alle logies-denkende mense sal aflei dat dit die werk van ‘n Skepper is. Die goddelike orde van alle lewende dinge in die water, op die aarde en in die lug, al die plante, al die bome, saai en oes, die lewe, die vermeerdering in die sigbare skepping – dít alles bestaan as 'n lewende self-getuie van die bestaan van die Skepper. Wat is die teorie van evolusie, byvoorbeeld, veronderstel om uit te rig teenoor die werklikheid van die Goddelike skepping? Dit is net 'n desperate poging om die skepping en die Skepper te ontken. Dis net 'n teorie, terwyl die skepping self die werklikheid is. Bewese feite spreek vanself. Tot op datum, word alles geproduseer volgens hul soorte, net soos die Skepper gesê het (Gen. 1:12). As die mens gehoor het van die almag en alom-teenwoordigheid van God, dan kan hy met geestelik ge-opende oë in die skepping sien.

Die mensdom is van die begin af en deurgans sy geskiedenis, vergesel van tragiese gebeure wat die geloof van baie herhaaldelik geskud het. Omdat die Here van die hemel nog nie die aardse koninkryk opgeneem het nie, staan die ganse mensdom nog onder die invloed van en word regeer deur die owerste van hierdie wêreld van duisternis. Slegs wanneer die individu deur middel van 'n persoonlike ervaring van bekering tot die Verlosser, die invloed van die bose ontsnap, open hy die weg vir die goddelike invloed. In die ‘Onse Vader’ bid ons nog steeds: "Laat u koninkryk kom!" En dit sal beslis kom! Die tyd is naby. Die tekens van die tye dui daarop.

Next chapter