Missão Popular Livre

Jesus Cristo é o mesmo, ontem, e hoje, e eternamente. Hb. 13:8

Idioma:

Die Sabbat – ‘n Gebod vir almal? / Ewald Frank

Na die voleindiging van die skeppingswerk, het God gerus op die sewende dag. “En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak” (Gen. 2:3). Ten spyte van die klem wat op die sewende dag geplaas is, het byna tweeduisend-vyfhonderd jare verby gegaan vanaf Adam, deur Henog, Noag en Abraham, voor die wetsgewing, waartydens die Sabbat nog nie eens genoem was nie.