Previous chapter

Omsendbrief Desember 2016

"Jesus Christus is dieselfde gister, vandag en tot in ewigheid” (Hebr. 13:8)

Omsendbrief Desember 2016

Ek groet die broeders en susters heel hartlik oor die aarde in die kosbare en heilige naam van onse Here Jesus Christus met die woord uit IKorinthiërs 4 verse 1-2:

“So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God. En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word”. So het Paulus homself en die ware diensknegte van Christus voorgestel.

Wat 'n voorreg, om deur die Here self in die bediening geplaas te word (ITim. 1:12)! Wat 'n voorreg, om die verborgenhede van God, wat destyds deur die bediening van die apostels en nou deur die bediening van Broeder Branham verkondig word, en deur die Heilige Gees aan ons geopenbaar is, te kan administreer! Wat 'n voorreg, om toegelaat te word om die laaste boodskap letterlik aan die hele wêreld oor te kon dra — vir een tot die uitroeping, vir die ander as getuienis!

Die belangrikste boodskap voor Christus se Wederkoms is: “Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!” (Matt. 25: 1-13). Die Apostel Johannes, wat die finale openbaring ontvang het, skryf: “Toe sê hy vir my: Skryf — salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God”. (Openb. 19: 7-9). Amen.

Die volgende gelykenis is 100% van toepassing op ons tyd: “Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet” (Matt. 25:1).

In hierdie gelykenis word dit deur die Here self vooruitgespreek dat slegs vyf van die tien maagde, die helfte van die wat die laaste geroep van die Bruidegom hoor, gereed sal wees en die bruilofsfees sal ingaan. 

Wanneer die Bruidegom Sy eie wegneem, word hierdie waar: “Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat. Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat” (Matt. 24: 40+41). Een word opgeneem en een bly terug. 

Tien maagde gaan om die Bruidegom te ontmoet: vyf is gereed en gaan die bruilofsfees in. Vyf beland voor die geslote deur. En weer die dringende vermaning: “Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie” (Matt. 24:42); en nog ‘n maal: "Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie” (Matt. 24:44).

Volgens wat die Here self gesê het, bly daar daadwerklik slegs die helfte getrou tot aan die einde en gaan die bruilofsfees in. In die belofte wat God aan Abraham gegee het (Gen. 15: 5-6; Gen. 22: 15-18), sal die verlostes deurgans vanaf Adam 'n ontelbare skare wees, soos die sterre in die lug (Rom. 4:18).

In Matthew 24 het ons 'n lys van dit wat voor die Wederkoms van Christus sal gebeur. Van natuurrampe, oorloë, aardbewings en hongersnood, selfs van valse Christusse en profete word daar gepraat. Oor die evangelie sê dit: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom” (Matt. 24:14).

Die kenmerk van ons tyd wat vir almal sigbaar is, is die terugkeer van Israel, in die gelykenis van die vyeboom (Matt. 24:32). God het reeds in Eségiël 11, vers 17, aan hulle belowe: “daarom sê: So spreek die Here Here: Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel teruggee”.

Daarom het onse Here in Matthéüs 24, vers 33, gesê: “So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit — die Wederkoms van Christus — naby is, voor die deur”.

Die wêreldsituasie sal egter wees soos in die tyd van Sodom en Gomorra en soos in die dae van Noag (Matt. 24; Mark. 13). Die snelle verwikkeling van klimaatsverandering, aardverwarming met gepaard-gaande onweer, maak mense bang, soos geskrywe is: “... en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun” (Luk. 21:25b).

Matthéüs 24, verse 45-47, is van toepassing op ‘n geestelike vlak. Die geestelike voedsel word op die regte tyd uitgedeel en hou direk verband met bybelse lering. “... terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die goeie leer waarvan jy 'n navolger geword het” (ITim. 4:6). 'n Persoon wat deur die Here gestuur is, ken die dag en uur van sy roeping en doen presies wat aan hom gesê is. 'n Bose dienskneg (Matt. 24: 48-51) stel homself aan, het geen opdrag nie en kan nie verslag doen oor 'n roeping nie. Daar is geen verwarring en vermenging nie. Nog nooit het 'n ware dienskneg van God 'n valse een geword nie en nooit ‘n bose een 'n getroue dienskneg nie. Uit Moses het daar nie 'n Bileam, of uit Abel ‘n Kain gekom nie.

Onmiddellik daarna, volg die gelykenis van die tien maagde in Matthéüs 25, verse 1-13. Wat daar geskrywe staan, word nou met die tweede koms van Christus vervul. Die wyse maagde het lampe wat brand én olie in die kruik. Die lampe van die dwase gaan uit deur gebrek aan olie — die volheid van die gees; en hulle word gesê: “Gaan liewer na die verkopers wat ook praat van die gees in hul karismatiese byeenkomste”. Die wyse maagde laat hulle deur niks verlei nie; hulle sal as 'n suiwer Bruid die bruilofsfees ingaan en die deur sal gesluit word. Met hulle word vervul: “... en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is” (Rom. 5:5).

Die dwase wat ook met die Wederkoms van Christus en op die Wegraping wag, sal teleurgesteld wees: “Meneer, Meneer, maak vir ons ​​oop” (Matt. 25:11), “maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie” (vers 12).

Daar is geen vermenging met God nie, nie in die hemel nie en ook nie op die aarde nie. Elke saad bring voort volgens sy eie soort. Net wie rein van hart is, sal God sien; slegs diegene wat met die Gees van belofte gevul is (Hand. 2:38) en verseël word met die Heilige Gees (Efé. 1:13), sal die heerlikheid ingaan. “En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam” (Openb. 21:27).

In ons tyd, soos in die tyd van die apostels, ondervind ons albei: eers die Woord en dan die interpretasies. “Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan” (Hand. 20:30). Die dwase maagde sal ook die interpretasies glo, terwyl die wyse maagde slegs die oorspronklike Woord hoor, glo en daarin bly.

Wat wel seker is, is dat geen valse leraar weggeraap sal word nie: “...maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees” (Gal. 5:10b) — ook hulle wie mislei word, “Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal” (IIPet. 2:15).

In die boek Openbaring lees ons reg aan die begin: “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby (Openb. 1:3). Wat nie in die Woord geskryf staan nie, is interpretasies, wat ons as die Woordbruid nie kan glo nie, en beslis ook nie kan bewaar nie.

Ons vind dieselfde waarskuwing en saligspreking in die laaste hoofstuk: “Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar (Openb. 22:7).

Die Bruid sê net wat die Gees uit die Woord geopenbaar het: "En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet” (vers 17).

Dan kom die finale waarskuwing: “Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is ... ” (vers 18).

Alle leringe waarna verwys word as spesiale openbaringe, maar waarvan daar nie in die Bybel getuig word nie, is valse leringe en is byvoegsels tot die reeds-volledige getuienis van God. Wat nie in die Bybel getuig word nie, is onbybels; wat nie in die goddelike Testament geskrywe is nie, is nie van God afkomstig nie. Selfs Paulus moes in Galasiërs 1, vers 8, skryf: “Maar al sou ons of 'n engel uit die hemel julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom 'n vervloeking wees!”

Wie iets aan die Woord van God toevoeg, is getoor, verkondig 'n ander Jesus, het 'n ander evangelie en is verlei (IIKor. 11:3). Die Here kon nooit vir die valse leraars sê: “Kom na My toe, julle geseëndes!” nie. Dit is absoluut onmoontlik omdat God waaragtig is; Hy het die Lig geskei van die duisternis. So gewis soos die Here Sy dienskneg en profeet, William M. Branham, met 'n skriftelike boodskap gestuur het, so gewis sal ons tot God se Woord, wat aan die begin was, teruggebring word. Die suiwer Woordboodskap, wat die suiwer Woordbruid sal voortbring, is aan ons bekend gemaak. Almal wat glo soos en wat die Skrif sê, behoort aan die wyse maagde. Die uitverkorenes kan nie verlei word met enige interpretasies nie. Hulle is in die Woord en die Woord is ook in hulle. Salig is die prediker wat in der waarheid kan sê: “Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here ...” (IThess. 4:15a)! Die volgende is op sulke verkondigers van toepassing: “Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling”. (IJoh. 4:6). Amen. Amen.

Next chapter