Geagte Lesers, Dames en Here,

U nodig net 'n paar minute van u kosbare tyd om hierdie kort uiteensetting te lees. Ons leef regtig in 'n baie opwindende tydperk. Daagliks hoor ons van spesiale geleenthede. Wat vroeër vanuit 'n eeu berig was, word vandag daagliks weergee. Natuurrampe, hongersnood, oorlog, armoede, stam-gevegte, etniese ‘suiwerings’ en slagtings, godsdiens-gemotiveerde terrorisme en allerlei kriminele misdade word wêreldwyd berig. In 'n spesifieke land woed daar, op die- selfde tyd, op die weskus 'n honderde vierkante kilometer bosbrand en aan die ooskus 'n stormvloed met vernietigende gevolge. Niks is soos dit voorheen was nie. Veral sedert 11 September 2001, met die aanval op die World Trade Center in New York en op die Pentagon in Washington, sê dit alles. Vir al die politieke, ekonomiese, godsdienstige en sosiale proble- me is daar geen nasionale óf internasionale oplossings in sig nie.

Ons sal kortliks hierin die huidige gebeurtenisse bespreek in die lig van bybelse profesie. Met spoed nader ons die einde van die genadetyd. Dit was omtrent 6000 jaar gelede toe die eerste mense die lig van die dag gesien het. Daar was rofweg 2000 jaar vanaf Adam tot Abraham en vanaf Abraham tot Christus ook 2000 jaar en sedert die begin van ons Christelike era ‘n ver- dere 2000 jaar. Met reg kan ons vra of ons na dié millennium ook 'n keerpunt in die geskiedenis van die mensdom bereik het.

Die spekulasie neem toe met die oorgang na die nuwe millennium. Kenners sê openlik dat die verwagtinge somber is, veral met betrekking tot die Midde-Ooste. Ja, daar is selfs diegene, soos ‘n lid van die kongres van die Verenigde State van Amerika, wat hardop gevra het of ons die eerste geslag sal wees wat die laaste van die huidige beskawing is.

Daar word nou oral gepraat van die "Eskatolo- gie" en van die "Apokaliptiese Vuursee" wat binnekort verwag word om oor die hele aarde te kom. Dit is duidelik dat die hele wêreld skielik wakker geword het en bekommerd is oor dit wat in die nabye toekoms sal gebeur. Is ons in hierdie, so baie belangrike kwessie, op hel- dersieners of ‘waarsêers’ aangewese? Moet ons Nostradamus en ander self-erkende profete vir advies nader? Miskien selfs filosowe of as- troloë opsoek? Of moet ons eintlik bindende antwoorde op hierdie vrae in die Bybel soek? Ja, sekerlik, want daar is geskrywe: “... en ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aan- breek en die môrester opgaan in julle harte” (2Pet. 1:19).

‘n Tydige en God-gegewe bron van openbaring is nodig en moet verwelkom word deur elkeen wat eerlik en opreg wil weet. Die alwetende God kon aan die begin van tyd dit laat neerskryf wat tot aan die einde sou gebeur. Mense skryf oor dit wat alreeds geskied het. God het die verloop van die hele geskiedenis en die daaruit- vloeiende Heilsgeskiedenis, tot met die vestig- ing van die nuwe hemel en die nuwe aarde, wanneer die tyd terug in die ewigheid vloei, vasgelê en dit vooruit laat neerskryf. Die tyds- berekening is vas en onomkeerbaar.

In "Visie 7000" is dit veral belangrik om uit te wys dit wat onvermydelik na ons toe kom en sal gebeur in die nabye toekoms, maar belangriker, om ook die enigste manier van ontsnapping uit te wys, “... want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon” (Luk. 21: 34- 36). Wat huidige verwikkelinge betref, is daar inderdaad duidelike riglyne wat die "tekens van die tyd" in die lig van die Heilige Skrif voorspel, want so is dit geskryf: “So weet julle ook, wan- wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur” (Matt. 24:33). Alhoewel daar niks beklemmend wêreldwyd gebeur het sedert 2000 vC, direk uit die hemel nie, en die mense daardeur sukkel om te glo dat God weer gaan ingryp, gaan dit nog steeds gebeur, want dit is vooruit gespreek in die Woord van God.

Die buitengewone gebeure regoor die wêreld, veral in Europa sedert die vreedsame verander- ing in Oktober - November 1989 hou verband met vooruitgespreekte bybelse profesieë. ‘n "Verenigde Europa" het voor ons oë tot stand gekom, soos dit alreeds in Maart 1957 in die "Verdrag van Rome" vasgelê is. Historiese vyande het vriende geword. Die kontras tussen Oos en Wes is gekanselleer. Die partisie wat Duitsland en die hele Europese vasteland mid- deldeur geskeer het, bestaan nie meer nie. Die resultaat is 'n "Geheel-Europese Huis", waarin daar plek vir almal is – 'n "Verenigde Europa". Sedert 1 Januarie 2002 kan tot meer as 300 miljoen mense in twaalf lande met die Euro geld-eenheid betaal. Dit is die belangrikste fase van die hele Europese Unie.

Die "Romeinse Ryk" – die laaste van die vier koninkryke, soos voorsien word deur die profeet Daniël (Hfst. 2&7) – styg uit voor ons oë. Dit is ooreenstemmend met die bybels-aangekon-digde dierlike "krag" wat vanuit die see van Eu- Europese nasies uitstyg. Die "Europese Unie" is met ‘n drieledige vereniging van ekonomiese, politieke en godsdienstige mag, die nommer 1 wêreldmag. Dit gaan nie net oor die politieke en ekonomiese nie, maar hoofsaaklik oor die godsdienstige wêreldmag wat die leisels in die hande hou en die gebeure aanvoer. Die geeste- geestelike "wêreldgesag" word voorgestel deur die pous en moet gerespekteer en erken word deur alle godsdienstige en politieke leiers.

Soos die hele wêreld gesien het hoe een van die twee supermoondhede in 1989-1990 opge- breek het, is die tweede, die VSA, wat sedert 11 September 2001 veral bekend was vir die oorlog teen terreur, besig om sy globale invloed meer en meer te verloor. Die "wêreld ekonomiese orde" en "globalisering" word nou hoofsaaklik ontwerp vanuit Europa. Die laaste van die vier wêreldryke, die "Romeinse Ryk", wat reeds sedert die jaar 30 vC bestaan, moet volgens bybelprofesieë aan die einde weer wêreldoorheersing uitoefen, want dit is geskryf: “Die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die ander koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel” (Dan. 7:23).

In die profetiese woord van die Ou en Nuwe Testamente word die huidige verwikkelinge voorspel, selfs die vredesproses wat nou plaasvind. Die apostel Paulus het byna tweeduisend jaar gelede neergeskryf dit wat ‘n werklikheid voor ons oë nou is: ”Want julle weet self baie goed dat die dag van die HERE kom net soos 'n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid –– dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood van 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie” (1Thess. 5: 2-3). Die sleutel woord is "Vrede", gekoppel aan "Veiligheid". Net soos op 27 Oktober 1986, het die Pous op 24 Januarie 2002, verteenwoordigers van die twaalf mees- belangrikste wêreldgodsdienste gelei in 'n vredesprosessie in die Italiaanse stad van Assi- Assisi. Die erkenning dat godsdienste die blaam dra vir oorloë in die verlede, het nou gelei tot die verklaring dat alle godsdienste hulself verbind teen oorlog en terreur, om vrede en geregtigheid op aarde te betree.

Sedert Mikhail Gorbatjov aan bewind gekom het in 1985, het die ‘Koue Oorlog’ tot 'n einde gekom, en het daar een vrede- en sekuriteits- konferensie na die ander plaasgevind. Die verskeie ‘Summits’ het gelei tot ‘Détente’ tussen Oos en Wes, met veral die Duitse hereniging en die onafhanklikheid van al die Oos-Europese lande – wat voorheen onder Sowjet-heerskappy was – tot gevolg. Selfs politici is nou bekom- merd oor hierdie voorspelde "vrede" en die al- lesomvattende "sekuriteit". Hierdie terme word al hoe meer algemeen in algehele verband en veral met die gebeure in die Midde-Ooste ge- bruik. Israel word toenemend 'n fokuspunt van die wêreld en daarmee saam Jerusalem, die stad van God wat "‘n baie swaar klip vir al die volke" van die aarde gemaak is, soos voorspel in Sagaria 12.

Na die nuus oor Bin Laden en oor Mullah Omar, oor Tora Bora, oor Afghanistan en oor Al Khai- Khaida vervaag het, kyk ons na die oplossing van die "hoof probleem". Soos in die profetiese woord aangekondig sal 'n vrede in die streek verklaar word. Ongelukkig is dit net een van baie kompromieë, onderhandel deur politici van die hoogste godsdienstige gesag, wat net ‘n "valse vrede" sal wees. Soos geskrywe is, sal ‘n skielike verderf die mensdom oorval. Die tyd het nou baie naby gekom, daarom nodig ons nou duidelikheid van bo.