Previous chapter

Jubileum-uitgawe
1948 – 2018: 70 jaar van Israel/1958 – 2018: 60 jaar Vrye-volkssending – Krefeld

Ek groet u heelhartig oral in die wêreld in die kosbare naam van ons Verlosser Jesus Christus, met Johannes 8:31:

"As julle in My Woord bly, is julle waarlik My dissipels …"

Die profeet Miga het opgetree teen die 400 profete wat onder valse inspirasie geprofeteer het en het gesê: "So waar as die Here leef, voorwaar, wat die Here vir my sê, dit sal ek spreek!" (1Kon. 22:14).

Dit was ook my besluit van die begin af. Aan die einde van sy boodskap kon die man van God uitroep: "Volke, luister almal saam!" (1Kon. 22:28).

'n Ware stem roep ook vandag hardop: "Hoor dit, o mense uit alle volke!": "Van ewigheid tot ewigheid is U God" (Ps. 90: 2).

"Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie" (Luk. 21:33).

"… maar die woord van die Here, bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is" (1Pet. 1:25).

Vir ons sal net dit van toepassing wees, wat in die "Woord van God" – in die Bybel – geskryf staan. Of dit nou die skeppingsberig of die plan van verlossing of alle leerstellinge betref, ons laat God self deur Sy Woord met ons praat. Interpretasies en teorieë laat ons oor aan diegene wat God nie glo nie. Ons sien reeds die eerste onderskeid tussen die realiteit van die skepping en die evolusieteorie. Wie nie glo wat in die eerste vers geskryf is nie, nl: "in die begin het God die hemel en die aarde geskape", sal moeilikheid ondervind tot met die laaste vers van die Bybel. Dit wat in ewigheid was en in ewigheid bly, sal ons met die ewige God laat. Ons gaan terug na die aanvang van tyd en hoofsaaklik na die begin van die genade tyd.

Ons primêre oogmerk met hierdie daarlegging is, om kortliks lig te werp op die volgende tydperke:

Die oorgang vanaf die Ou na die Nuwe Verbond, na die Nuwe Testament.

Die stigting van die Gemeente van Jesus Christus en die apostels era.

Die eerste drie honderd jaar tot by die Raad van Nicaea.

Die duisend jaar van die donker Middeleeue tot die 14de eeu.

Die Reformasie en die 500 jaar daarna en wat eintlik gebeur het.

Die laaste boodskap wat nou uitgaan, voor die wederkoms van Christus.

Eerstens is dit baie belangrik om te weet en te glo dat God alles doen volgens die beloftes wat Hy in Sy Woord gemaak het. "… maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel, dat nie een woord van al die goeie woorde wat die Here julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie" – Jos. 23:14. Wat die profete in die Ou Testament geproklameer het onder die inspirasie van die Heilige Gees, word aan ons, in vervulling, deur die apostels vanaf die eerste vers van die Nuwe Testament gewys. "… want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle 'ja' en in Hom amen, tot verheerliking van God deur ons" (2Kor. 1:20).

Next chapter