Previous chapter

Omsendbrief April/Mei 2019

“Jesus Christus is dieselfde gister, vandag en tot in ewigheid” (Hebr. 13:8)

Omsendbrief April/Mei 2019

Ek groet al die broeders en susters wêreldwyd in die kosbare Naam van onse Here Jesus Christus met die Woord vanuit IIPetrus 3 vers 9:

“Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom”.

Die beloofde Wederkoms van Christus (Joh. 14:3) was in die tyd van die apostels die hooftema en dit is vandag ook so vir alle bybel-gelowiges. Toe die Here die verwoesting van die tempel in Matthéüs 24 verse 1-3 vooruit gespreek het, het die dissipels Hom drie vrae gevra:

1) “wanneer sal hierdie dinge wees?

2) wat is die teken van u (Weder)koms?

3) en van die voleinding van die wêreld?”

In IKorinthiërs 15 skryf die apostel oor beide die eerste opstanding sowel as die tweede opstanding en sê: “Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy (Weder)koms. Daarna kom die einde …” (IKor 15: 22-24). Die Heilige Skrif beskryf verskillende komste, maar dit beskryf net een “Wederkoms” van Christus.

Handelinge 3 beklemtoon wat voor die beloofde Wederkoms van Jesus Christus met elkeen moet gebeur: “Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom, en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus …” (Hand. 3: 19-20). Die volledige vergewing van sondes en die absolute regverdiging deur geloof in die volbragte verlossing, moet deur elkeen persoonlik ervaar word, sodat die Here die tyd van verkwikking kan stuur. Die geestelike herlewing en verkwikking, wat die Here God, in die begin deur die uitstorting van die Heilige Gees geskenk het, is ook aan ons belowe voor die Wederkoms van die Here.

“Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete” (Hand. 3:21). Die Wederkoms van Jesus Christus kan slegs plaasvind as dieselfde boodskap wat aan die begin verkondig was, nou aan die einde verkondig word. Dit gaan dus nie net oor die verkwikking en herlewing deur die Gees van God nie, maar oor die volkome herstelling van alles in die Gemeente, dit wat in die begin beoefen was in die vroeë Gemeente, so ver as dit die lering en die lewe betref.

Next chapter