Previous chapter

Omsendbrief April 2020

'n Sendbrief in Opdrag van God

Ek groet alle gelowiges, alle broeders en susters wêreldwyd met die Woord uit IIPetrus 3, vers 9: "Die HERE vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom".

Die belofte lui: "… En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is" (Joh. 14:3).

Ons is uit die diepte van die hart dankbaar teenoor God vir Sy kosbare en Heilige Woord, vir die Ou en Nuwe Testament, die Evangelies, die briewe van die apostels tot en met die Boek Openbaring. Elke bybelse onderwerp word daarin met finale duidelikheid behandel.

Die hoofsaak vir alle bybelgelowiges was en is steeds, die onderwerp oor die Wederkoms van Christus. Wat daaraan gekoppel is, is die laaste boodskap — die oproep tot, en die voorbereiding van die Gemeente van Jesus Christus, vir die glorieryke dag van die Wederkoms van onse HERE.

In IIPetrus 3, vers 14, lees ons: "Daarom, geliefdes, wees in verwagting, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede … "

Die apostels is daartoe gelei om die gelowiges besondere lering te gee oor die tema van die Wederkoms van ons HERE. So skryf Johannes in IJohannes 2, vers 28: "En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vreugdevolle vertroue kan hê wanneer Hy Homself openbaar en nie beskaamd van Hom weggaan by Sy wederkoms nie". Dit is oorweldigend, wat 'n las die Gees van God op die harte van die apostels gelê het, aangaande die voorbereiding vir daardie glorieryke dag en hulle dit laat neerskryf het. Dit geld veral vir ons, ons wat presies weet dat ons direk voor die Wederkoms van Jesus Christus aangekom het, dat ons werklik onse voorbereiding ervaar.

Wat die apostel Paulus aan sy kollega Timothéüs geskryf het, word vandag in besonder aan my, maar ook aan alle broeders gerig, wat die geopenbaarde Woord wêreldwyd getrou verkondig en die geestelike voedsel uitdeel: "voer die opdrag onbevlek, onberispelik uit tot by die verskyning van onse HERE Jesus Christus …" (ITim. 6:14). Nou, voor die Wederkoms van die HERE, moet die verkondiging absoluut bybels wees. Dit gaan daaroor, dat die Heilige Woord van God onberispelik gepreek moet word.

In vers 15 skryf die apostel met die oog op die Wederkoms van die HERE: "… die salige en enige Heerser, wat op die vasgestelde tyd sal verskyn, as die Koning van die konings en HERE van die here …"

God het alles vooraf opgestel: die hele verlossingsplan van wat sou gebeur wanneer Christus die eerste keer sou kom en ook wat vóór die Wederkoms van Christus moet gebeur. Die apostel kon destyds skryf: "… wat op die vasgestelde tyd sal verskyn …"

Om hierdie rede geld dit ook vir onse tyd, dat die tweede Koms van Christus vooraf gegaan word deur 'n boodskap.

In IITimothéüs 2, vers 15, lees ons : "Lê jou ywerig daarop toe om jou as 'n beproefde voor God te stel, 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid korrek aanbied".

God het regtig aan alles gedink. En ons is dankbaar, ja ek is dankbaar vir die baie jare waarin ek toegelaat was om die Woord van God te kon verkondig sonder om 'n enkele keer 'n interpretasie daarvan te bring, maar dat ek slegs God se Heilige Woord kon preek.

Ek is in besonders dankbaar omdat die HERE my in 1980 beveel het: "My kneg, staan op en lees IITimóthéüs 4". Ek staan toe op, neem my Bybel en lees dit: "Ek besweer jou dan voor God en die HERE Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;

want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening".

Die hele hoofstuk het sedert daardie dag, vir my 'n heel spesiale betekenis. Ons sien hoe die eerste verse vermaninge bevat. Destyds was die vermaninge van die apostel Paulus tot sy kollega Timóthéüs gerig. In 1980 het die HERE daardie Woord aan my gerig. Ons lees verder wat Paulus met verwysing na sy bediening gesê het, wat ook nou betrekking het, want dit is die laaste boodskap wat in opdrag van God verkondig word: "Maar die HERE het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos" (IITim. 4:17).

Ons het iets baie spesiaals hier. Paulus was van oortuiging dat God deur sy proklamasie alles uiteengesit het wat in Sy verlossingsplan is en dus het die HERE hom krag gegee. Dit was nie arrogansie of selfprysing nie. Dit was God se opdrag.

En die krag wat aan hom gegee was, was nie van 'n menslike aard nie, maar werkend deur die Heilige Gees.

Paulus het in besonders oor die Wederkoms van Jesus Christus geskryf in IKorinthiërs 15, in IThessalonicense 4 en in verskeie ander plekke. En dan lees ons in Titus 1, vers 3:

"… en op die vasgestelde tyd Sy Woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die opdrag van God, ons Verlosser …"

Ons het gelees dat die Wederkoms van die HERE op die vasgestelde tyd sal plaasvind en hier lees ons dat Hy ook Sy Woord op die vasgestelde tyd bekend sal maak. Albei gebeur in ons tyd: die verkondiging van die geopenbaarde Woord- boodskap én die Wederkoms, beide op die vasgestelde tyd.

Alle Lof en prysing aan onse HERE! Hy het Sy Woord, dit wat vir onse tyd bestem is, aan Sy profeet, William Branham, geopenbaar, soos Paulus destyds kon getuig aangaande die opdrag wat aan hom gegee was.

Daar was goddelike roepinge in die Ou- en Nuwe Testament en almal, of dit Noag, Moses, Elia, Johannes die Doper of Paulus, of wie dit ook al was, almal het 'n goddelike opdrag gehad en het dit uitgevoer.

Die Nuwe Testament het begin met dat Johannes die Doper op die vasgestelde tyd opgetree het, naamlik in die tyd waarin hy bybelse profesie by die eerste koms van Christus vervul het (Matthéüs 3). Johannes die Doper het 'n goddelike opdrag gehad. Hy was 'n man van God gestuur met 'n direkte roeping en het die weg voorberei vir die HERE, soos dit in Jesaja 40, vers 3, en Maleági 3, vers 1, in die Ou Testament aangekondig was. Hy kon hom op die Woord beroep.

In die Evangelie van Johannes, was hy dít gevra in die eerste hoofstuk: "Wie is u? En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie. Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee. Toe sê hulle vir hom: Wie is u? — dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?". En toe kom sy antwoord in vers 23, waar hy hulle verwys na die Woord in Jesaja 40, vers 3: "Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die HERE reguit!''

Deur sy bediening het die HERE 'n goed toegeruste volk voorberei: "En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die HERE hulle God. En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die HERE 'n goed-toegeruste volk te berei" (Luk. 1:16-17).

Next chapter